Ek is tans ‘n vierde jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria. Ek het in 2016 gematrikuleer en in 2017 met my swottings begin. Dit was net deur die Here se genade dat ek keuring vir medies gekry het. Ek is so dankbaar vir  die Helpmekaar-studiefonds, want sonder die finansiële hulp sou ek nie my studies kon befonds  nie. Medies is ‘n baie duur studieveld, maar beslis die moeite werd!

Buiten my swottings het ek my eie besigheid begin, naamlik Lubdubscrubs aan die einde van 2018. Ons maak scrubs vir enige iemand  in die mediese professie. So kon ek my kuns- en besigheidsbrein goed benut. Ek skryf ook graag en ek en my sussie het ons eie blog: Veracious. Ons deel graag ons openbarings daarop en inspireer ander jong vrouens op so ‘n manier.  Ek stel ook baie belang in alternatiewe medisyne en doen graag navorsing daaroor. Ek glo dat ons liggame hulself kan genees as ons vir hulle die optimale boublokke gee.

Ek is so dankbaar vir die toekenning wat ek goed gaan benut. So ‘n bonus word waardeer vir al die lang ure se geswot. Baie dankie Helpmekaars-Studiefonds!