Die onderwysbloed loop sterk in my familie se are. Ek het nog altyd ‘n passie vir kinders gehad en wil graag ‘n verskil in hulle lewens maak. In 2019 het ek matrikuleer aan die Hoërskool Nelspruit waarna ek onderwys aan die Noordwes-Universiteit gaan studeeer het en nou 2de jaar is.

Ek wil graag eendag vir kinders met spesiale behoeftes klasgee en hulle help om hulle volle potentiaal te bereik. Om hierdie droom waar te maak gaan ek vir my  Honneursgraad ook inskryf .

Buiten onderwys, is musiek my grootste belangstelling. Ek sing al van kleins af koor en speel klavier vir ‘n paar jaar. Dit is my manier van ontspan tydens die besige tye tydens my studies. Ek wil graag eendag musiek in die klaskamer gebruik en kinders leer van musiek, want dit is vir my ‘n ongelooflike manier om kinders te inspireer.

Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds het beide my sussie en boetie gehelp met hulle studies en toe dit my beurt is om te gaan studeer was hulle dadelik bereid om my ook te help. Sodoende kan ek ook nou my droom as onderwyseres bereik.

Daarom wil ek vir die NHFS baie dankie sê dat hulle vir my die geleentheid gegee het.