Al van n jong ouderdom af het ek groot belangstelling getoon in argitektuur. Soos ek ouer geword het, het die belangstelling al groter geword. Vandag is ek bevoorreg om my passie te kan uitleef. In 2020 het ek matrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop waarna ek argitektuur aan die Universiteit van Pretoria gaan studeeer en nou 2de jaar is. 

Ek is n kreatiewe persoon, asook n groot mense-mens. Ek geniet dit om tyd in my gemeenskap te spandeer en sodoende my gemeenskap te bevorder. My droom is om eendag my kennis van argitektuur te kan gebruik om n groter impak op my gemeenskap te maak.

Ek is baie dankbaar vir die Helpmekaar-Studiefonds wat dit vir my moontlik gemaak het om hierdie passie en droom van my ‘n realiteit te maak.