Ek is tans ‘n tweede jaar LLB- regte student aan die Noord-Wes Universiteit op die Potchefstroom-kampus. Ek geniet dit baie om hier te kan studeer, aangesien hulle een van die beste regsfakulteite in die land het. Die LLB-kursus is vir my baie interessant, want ek leer elke dag iets nuuts en sodoende verbreed dit my kennis. Dit verg tog baie harde werk en laat aande se sit en leer, maar dit is alles 100% die moeite werd.

Ek is ook tans in die musiekbedryf en dit het my  geleer hoe om ‘n gebalanseerde studentelewe te lei. Ek is baie dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat dit vir my moontlik maak om te kan studeer en aan my toekoms te bou en ook my droom uit leef. Ek sien daarna uit om te ervaar wat die nuwe jaar van studies  vir my inhou.