Ek het pas my graad ontvang in BA-Dramatiese Kunste aan die Universiteit van Pretoria. Ek het gespesialiseer in die besigheidskant, sowel as die digitale media-afdeling, van die uitvoerende kunste. 

 Ek het in 2019  vir my BA-graad in Drama aan die Universiteit van Pretoria begin studeer met die eindpunt om mense se stories te kan vertel. Ek het ‘n absolute passie vir mense en ek glo dat Suid-Afrika, baie stories van verskillende kulture, mense en tradisies, nog nie gehoor het nie.  

In die afgelope 3 jaar het ek baie in my menswees en my geloof gegroei. Met baie laat aande, vroeë oggende en baie trane, is ek trots om te se my studies was ‘n groot sukses. 

In my finale jaar het ek agtergekom dat daar ‘n gaping is as dit by die besigheid sy van die kunste in Suid-Afrika kom. Daarom het ek besluit om daarin te spesialiseer.  

 Die NHSF het dit vir my moontlik gemaak om my studies te voltooi en die finansiële druk van my skouers af te haal, want tydens die COVID-pandemie het albei my ouers hul werk verloor.  

My grootse inspirasie is my ouers en my oupa, wat alles vir my opgeoffer het van dag 1 af om my passie en liefde vir die kunste uit te leef. Hulle het altyd in my geglo en het saam met my gedroom. Ek glo dat die Here ‘n baie spesifieke plan met my lewe het en my talente as spreekbuis gebruik om Sy grootheid te verkondig.