My naam is Jeanelle Spamer,   en ek is 22 jaar oud en ‘n finale-jaar BCom Bemarkingstudent aan die Noordwes-Universiteit. Ek was vir twee jaar in die koshuis en geniet studentelewe in Potchestroom ten volle. Ek het in 2020 begin om as intern te werk by ‘n bemarking- en kommunikasie maatskappy en is steeds 3 dae per week by hullr betrokke. Hier leer ek om balans te vind tussen my studies, terwyl ek terselfdertyd ervaring opdoen. Ek bestuur tans ses besighede se sosiale media-platforms en help met strategiese en kreatiewe beplanning. Tans is my studies my eerste prioriteit en is dit baie belangrik vir my om goeie resultate  te behaal. Ek beoog om vir honneursstudie aansoek te doen om my toekoms breër te maak sodat ek moontlik eendag vir ‘n tydperk oorsee kan gaan werk. Ek maak gelukkig ook tyd vir my familie en vriende en sê nooit nee vir ‘n koffie-‘date’ nie.

Ek geniet ook die buitelug, soos om berg-staproetes te gaan stap.

My groot droom is om  eendag die bemarking vir ‘n klere reeks of skoonheidsreeks te kan doen, maar vir nou sal ek by enige kreatiewe agentskap wil aansluit om nuwe kennis en ervarings op te doen.

Die studiefonds is beslis deel van my sukses tot dusver en ek weet dat hulle my studieloopbaan vir my baie vergemaklik het. Ek kan enigeen aanraai om by hulle betrokke te raak. Ek sien uit na my toekoms en ek weet dat God my paaie  gelyk sal maak tot waar Hy dit bestem. Wie weet, dalk studeer ek nog verder en doen my meesters sodat ek eendag die bemarkingshoof van Nike kan wees. Ek glo mens moet passievol wees oor jou drome, hou van jou werk en elke oomblik voluit lewe, dit maak die lewe opwindend en mooi!