Ek het groot geword in Vanderbijlpark en in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool    Transvalia. Ek het verlede jaar my BA in Forensiese Wetenskap en Tegnologie voltooi aan Unisa (University of South Africa). Die graad is n 4 jaar-graad, maar ek het dit voltooi in 3 jaar.

Toe ek in 2020 begin studeer het, het ek verskeie opsies gehad om van te kies. Die opsies sluit  die volgende rigtings in: ‘Wet-studierigting’; ‘Bestuurs=studierigting’; ‘Kriminologie studierigting’. Die studierigting wat ek gekies het, was Kriminologie. Dit was ‘n baie interessante studie-rigting. Dus, het my punte drasties gestyg  tydens elke semester in die drie jaar.

Kriminologie het vir my ‘n baie goeie grondslag gegee vir loopbaan-moontlikhede en verdere studies in kriminologiese ondersoeke. So ook, het  Kriminologie vir my baie geleer van Forensiese metodes, tegnieke, litigasieprosesse, onderhoudvoering en verklarings wat afgeneem word deur die ondersoeker. Ek het ook geleer  van die ondersoek van geselekteerde misdade en oortredinge, van die toneel van die voorval en inligtingversameling. Ook baie interessant was die  hulpbronne wat gebruik word deur die ondersoekers om hul sake op te los.

My huidige droom is om my merk in die lewe te maak op die gebied van banke en in die afdeling van bedrog. Ek wil graag die moontlike slagoffers van bedrog help  om enige toekomstige  bedrogpogings te vermy . Ek wil dit moontlik maak deur van forensiese metodes en tegnieke gebruik te maak om alle moontlike en toekomstige bedrogpogings te verhoed. So  wil ek al my studieskuld afbetaal.

Voordat ek aansoek gedoen het om in die rigting te studeer het my ouers albei gebid vir n rigting vir my . In 2020, het ek en my ma na Unisa toe gery, want ek wou leer om n Maatskaplike werker te word. Ongelukkig was al die plekke gevul.  Moedeloos dink ons: “Wat gaan ons nou doen?” My begeerte was om aan ‘n Universiteit te studeer. Ons altwee was hartseer, totdat ons buurvrou  gevra het hoekom ek nie vir ‘n BA in Forensiese Wetenskap en Tegnologie inskryf nie.  Ek is baie dankbaar teenoor Hom, want ek glo dat God vir my ‘n rigting gegee het om in te studeer.

Ek sê baie dankie vir die ondersteuning van my familie en die na-aan-my-hart mense. Sonder julle sou ek dit emosioneelgewys nie gemaak het nie. Baie dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds, want julle het dit moontlik gemaak vir my om my studies te voltooi.

Alle lof en eer aan Hom wat my so ver gebring het.