Ek het in 2018 gematrikuleer aan die CVO-skool in Lichtenburg. Ek het in 2021 my graad in Aktuariële Wetenskap aan die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom-kampus voltooi. Ek is tans besig met my honneurs in Aktuariële Wetenskap. Ek het al van ‘n jong ouderdom af ‘n groot liefde vir wiskunde gehad en met baie genade van Bo en die hulp van die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds is ek in staat om my droom uit te leef deur nog verder te leer as nagraadse student. Ek spandeer graag my af tyd saam met my familie en vriende om te poog om ‘n balans te handhaaf tussen studies en studente lewe. 

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die  Noordelike Helpmekaar-Studiefonds te bedank vir die wonderlike werk wat hulle doen om soveel jongmense (myself ingesluit) te bemagtig om drome waar te maak.