Morné PienaarEk wil graag hierdie kans gebruik om te sê: Dankie Helpmekaar!

Ek het in 2015 aan die Hoërskool Pretoria-Noord gematrikuleer en is tans derde jaar argitektuur by die Tshwane-universiteit vir Tegnologie. My droom was nog altyd om argitek te word en danksy Helpmekaar het dit moontlik geword.

Dít wat ek doen, geniet ek baie. En al is daar soms moeilik tye en laat nagte, haal NHSF ongelooflik baie stres van my af sover dit finansiële sake betref. 

Die toekenning wat ek ontvang het, was totaal onverwags en ek wil net dankie sê aan almal by die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat dit moontlik maak om my drome uit te leef.