My naam is Leoné Bouwer. Ek het groot geword in Pretoria en het in 2019 matrikuleer aan die Hoёrskool Montana.

Dit was nog altyd my droom om `n student op die PUK te wees, veral nadat ek aanskou het hoe my ander familie lede net gestraal het van geluk en floreer het by die Universiteit van Noordwes. In 2019 het ek finaal my hart verloor op die PUK tydens hulle opedag en ek het geweet dit is die plek waar ek moet wees. Nogtans was daar altyd die kwessie van finansiёle druk in my agterkop, wat hierdie droom `n bietjie onmoontlik laat lyk het.

Te danke aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds se finansiёle bystand, het ek toe wel die geleentheid gekry om my droom uit te leef as PUK-student. Ek is tans `n tweede jaar student aan die PUK en studeer BCOM Geoktrooieerde Rekenmeester. Ek geniet elke oomblik van studentwees op Potchefstroom.

Nadat ek my studies voltooi, beoog ek om my klerkskap by `n internasionale maatskappy te voltooi en dan hopelik `n pos oorsee te kry. Dit is my droom om eendag deur my werk terug te ploeg in die gemeenskap en om `n verskil te maak waar ek kan.

Baie dankie aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds, dat julle my help om my drome waar te maak. Sonder julle bystand sou dit nooit `n realiteit geword het nie.