Ek is tans ‘n vierde jaar mediese student aan die  Sefako Makgatho Health Sciences University (SMU) in Pretoria.

My passie was nog altyd om mense te kan help. Medies help my om my passie uit te leef. Die kursus motiveer my om baie hard te werk, dit verg baie van my tyd, maar ek sal dit vir niks verruil nie. Ek is baie dankbaar vir wat ek tot dusver geleer het en dat ek nog die geleentheid het om verder te kan studeer. Ek het baie gegroei as mens as gevolg van al die uitdagings vandat ek begin studeer het, en ek glo ek sal aanhou groei deur die kursus.

Ek het  vanjaar met die kliniese fase begin en ek geniet my gate uit. Ek leer verskriklik baie by al die doktors en mentors aan die universiteit.  Dit is vir my ‘n voorreg om met die pasiënte te kan werk en my kennis te kan toepas om hulle te help.

Ek wil net my dankbaarheid teenoor die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds bevestig. Sonder die fonds sou ek nie die studierigting kon volg waarvoor ek so onsettend lief is nie. Die NHSF het dit vir my moontlik gemaak om my passie na te volg. Ek sal defnitief dit nooit vergeet nie, julle help baie mense en ek is baie dankbaar om een van hulle te wees!