Ek is Danielle Fourie en is tans ‘n tweedejaar fisioterapie student aan die Universiteit van Pretoria.

Ek was nog altyd baie passievol oor sport en is lief daarvoor om tussen mense te wees, daarom die keuse om ‘n fisio te word. Dit maak my opgewonde om te weet dat ek eendag deur my beroep mense sal kan help, terwyl ek doen waarvoor ek lief is en waaroor ek passievol is. Soos hulle altyd sê: “As jy doen waarvoor jy lief is, sal jy nooit ‘n dag in jou lewe hoef te werk nie!” . Ek geniet dit om gereeld iets nuuts van die menslike liggaam te leer en net weer eens opnuut te besef hoe wonderlik ons geskape is. Ek sal graag eendag as ‘n sport- fisio wil werk aangesien my belangstelling hoofsaaklik daarin lê, maar sal graag ook betrokke wil wees by die rehabilitasie van rugraatbeserings.

Ek is baie dankbaar vir die Helpmekaar Studiefonds wat dit vir my moontlik gemaak het om hierdie passie en droom van my ‘n realiteit te maak.