Ek het verlede jaar my BCom graad in Bestuurswetenskappe met kommunikasie bestuur voltooi. Ek het nog altyd ‘n belangstelling in skryf, ontwerp en besigheid gehad. Dus het ek besluit om ‘n BCom graad in kommunikasie bestuur aan te pak.

 Ek is ‘n baie kreatiewe persoon wat daarvan hou om buite die boks te dink. Ek sien uit om dit wat volgende kom met kreatiwiteit en entoesiasme aan te pak. Ek sal graag iets in bemarking wil doen. Ek mik daarna om ‘n digitale bemarker of kommunikasie beampte te word. Ek oorweeg dit ook om ‘n kommunikasie praktyk saam met my sussie te begin. Ek wil graag vir die Helpmekaar-Studiefonds baie dankie sê vir die geleentheid wat hulle vir my gebied het en ek dra my goeie resultate op aan hulle.