“I am seeking, I am striving, I am in it with all my heart”.  Wyse woorde deur Vincent van Gogh en woorde waarmee ek daagliks my lewe aanpak.

Ek is tans in my finale jaar in BA-Kommunikasiestudies met Joernalistiek aan die NWU Potchefstroom- kampus, en is dankbaar dat die Noordelike Helpmekaar-Studieleuningsfonds my gehelp het om my drome waar te maak.

Ek het kommunikasie gekies, omdat dit so ‘n diverse studierigting is en omdat ek ‘n passie het om met mense te werk!  Ek het my studentelewe vreeslik geniet en sal die vriendskappe wat ek gemaak het langs die pad, vir ewig koester.

Met ‘n passie vir skryf, ‘n aanleg vir kuns en ‘n goeie sin vir humor, beplan ek om my werksloopbaan volgende jaar te betree.  My doel is om ‘n kommunikasiepraktisyn in een van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke te word.

Ek is passievol oor die natuur en geniet dit om my vakansies in die Kruger Wildtuin te spandeer.  Die natuur is my inspirasie en ek is tans besig om my eie veldgids te skryf en te illustreer.

Weer eens, dankie aan die NHSF, sonder julle ondersteuning sou ek nooit hierdie geleentheid kon najaag nie!