My naam is Jeanine Malan. Ek het verlede jaar klaar studier aan  die Noordwes-Universiteit. Ek het my graad , Bcom Besigheidsbestuur met Toerisme en Bemarking, cum laude geslaag. My hart klop al van jongs af tjoklits oor kamera- en verhoogwerk. Die Here het my geroep om ‘n YouTube Kanaal oor Vrou wees in Christus te begin. Ek het vanjaar daarmee begin en trek alreeds by 500 ‘subscribers’.

Ek wil eerstens dankie aan Abba Vader sê wat my so geseën het met al hierdie geleenthede en weet dat alles wat ek bereik deur Sy krag en genade is. En dan wil ek dankie sê aan Helpmekaar Studiefonds wat nie net vir my nie, maar ook my pa (vanaf 1987-1990) gehelp het om ons universiteitsdrome waar te maak. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Ek waardeer alles wat julle al vir my gedoen het so opreg.