Ek is tans ‘n 3de jaar B.Pharm-student aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Elke dag word my drome ‘n realiteit te danke aan die Noordelike Helpmekaarstudiefonds. Sonder die finansiële hulp sou ek nooit die kans gekry het om  my toekomstige professie as ‘n gesondheidswerker te realiseer nie.

Ek staan elke oggend op met die gedagte dat as jou drome jou nie bang maak nie dan droom jy te klein. Deur harde werk, ure spandeer agter die boeke en my kop hoog te hou sien ek daarna uit om in 2022 my graad te vang en daarna as ‘n apteker die nuwe hoofstuk van my lewensverhaal aan te pak.

Weer eens baie dankie aan die Noordelike Helpmekaarstudiefonds. Sonder julle sou ek nooit hierdie gedeelte van my lewe kon ervaar nie.