Ek het in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop en toe die voorreg gehad om in 2020 my studieloopbaan te begin aan die Potch Akademie, ook bekend as Tina Scholtz. Ek is tans besig met my tweede jaar  in Somatologie. Tina Scholtz se Somatologie kursus is ‘n 3 jaar kursus wat fokus op vel- en lyfsorg .

Na ek die 3 jaar kursus voltooi het, wil ek graag op die skepe gaan werk om ondervinding op te doen, die wêreld te sien, asook my studieskuld af te betaal.

Alles te danke aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds, wat dit vir my moontlik gemaak het om my drome voluit uit te leef.  Hulle bied nie net finansiële bystand nie, maar ook motivering waarvoor ek ewig dankbaar sal wees.