Ek het matrikuleer in 2019 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria. Ek is tans ‘n 3de jaar Fisioterapie student by die Universiteit van Pretoria. God het al kleintyd ‘n passie vir sport in my geplant en dit het met tyd gegroei. Dit is die rede vir my belangstelling in die menslike liggaam en die rede dat ek die veld wou verken.

 Ek sal graag eendag my eie praktyk wil begin wat gefokus is op sportbeserings en so my spore voltrap wat die Here vir my uitgelê het. Ek geniet dit om te gaan draf, sokker te speel, staproetes te verken en doen so ook kennis en ervaring op deur uit my eie beserings te leer… 

Noordelike Helpmekaar-Studiefonds, julle is deel van ‘n getuienis dat God die instrumente oor jou pad sal bring soos nodig. Nou kan ek met hoop en sekerheid my toekoms instap.