Ek is tans ‘n finale jaar Oudiologie student aan die Universiteit van Pretoria. 

Vanjaar is ek bevoorreg om voltyds terug te wees op kampus na amper 2 jaar se aanlynstudies. Ons kry meer geleentheid om praktiese ondervinding op te doen en elke dag iets nuuts te leer – so word ek voorberei vir volgende jaar wanneer ek gemeenskapsdiens moet doen. Ek sien uit daarna om te begin werk en vir die nuwe avontuur wat op my wag! 

Ek is weer eens bevoorreg om hierdie groot geskenk te ontvang van die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds en is so dankbaar dat ek hierdie pad saam met so ‘n ongelooflike instansie kan stap – dit het werklik ‘n groot verskil in my lewe gemaak! Tannie Joan se behulpsaamheid te alle tye word opreg waardeer. ‘n Groot dankie aan almal by die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds!