Ek het in 2018 aan die Hoërskool Florida gematrikuleer. Ek is lief vir lees en skryf. Ek hou daarvan om kreatief te wees en beskou myself as iemand wat uit die boks kan dink. Dit is waarom ek besluit het om bestuurswetenskappe met kommunikasiebestuur te swot. Ek is tans ‘n derde jaar student wat bestuurswetenskappe met kommunikasiebestuur aan die Noordwes- Universiteit swot. Ek hoop om eendag die bemarkingswêreld te betree. Ek wil graag ‘n bemarkingsbestuurder of -konsultant word, sowel as ‘n deeltydse skrywer.  Ek wil graag ‘n verskil maak in die wêreld en hoop om diep voetspore te trap. Ek wil  die Helpmekaar Studiefonds bedank vir alles wat hulle vir my gedoen het. Sonder hulle hulp sou hierdie nie moontlik gewees het nie.