Redbull gebruik ek nie! My drome laat my vlieg!

Vanaf ‘n baie jong ouderdom het ek geglo aan lag, ‘n gesonde liggaam en om hoër eise  elke jaar aan myself te stel. My ouers is my inspirasie en het altyd gesê: “As iemand nie waag om te droom nie, slaap hul die grootste gedeelte van die dag!”

Ek glo ook… my doelwit is ‘n droom met ‘n sperdatum.

Tans studeer ek BSc: Chemie en Toegepaste Wiskunde aan die NWU Potchefstroom.  Ek is in my finale jaar en ‘tutor’ vir twee vakke, nl. Wiskunde en Chemie. Dit is my passie en ek beoog om verder te studeer totdat ek my Doktoraal slaag. Ek glo God gaan my lei en ondersteun in my keuse.

Ek bly gemotiveerd, want ek plaas my drome op ‘n springmat… al is die lewe op en af… ek kan nog steeds lag en dit geniet. My drome sit wel op ‘n samoem… dit is ‘n warm stofstorm! Ek oorleef en hou by… want wie kan nou slaap in ‘n stofstorm?

Laastens wil ek my doelwitte bereik, sodat ek vir myself ‘n gelukkige en goeie toekoms kan skep. Wat ‘n voorreg om God se opdrag uit te leef en alles vir Hom ook te doen.

Aan elke liewe student wat hier lees….

Droom jou droom… maak jou droomlaaitjie vol, al is dit harde werk, skryf jou eie boek… Met geletterdheid en ‘n voorsprong in die lewe!

Carpe Diem.  Pluk die dag.

Redbull kan maar gaan slaap, want Noordelike Helpmekaar Studentefonds help my ook om verder te vlieg! Dankie….