Hoe om aansoek te doen:

Uiteraard moet jy aanvaar as jy aansoek doen…

  • Dat jy jou berus by die diskresie van die direksie om lenings goed te keur. Norme vir keuring sluit onder andere in jou persoonlike omstandighede, jou vermoë om akademies te presteer en die sekuriteit wat jou borge kan bied. ‘n Borg is iemand met ‘n vaste inkomste en wat vaste eiendom besit.
  • Dat jy die lening getrou volgens die ooreenkoms sal terugbetaal. Die geld wat ons op hierdie wyse inkry, help weer ander studente om te studeer.

Lees asseblief die dokumente goed deur. (Ja, daar is baie vereistes, maar die meeste daarvan word deur wetgewing vereis.) Vul asseblief die vorms volledig in. Dit is baie belangrik dat die oorspronklike vorms per hand by ons kantoor afgelewer word.

Sluitingsdatum: 30 September

Neem asb kennis van die inligtingsbrief VOOR voltooiing van die vorms:

Inligtingsbrief ten opsigte van die aansoekvorms

Die vorms wat voltooi moet word, is:

Aansoek om studielening

Leningsooreenkoms

Persoonlike besonderhede en verklaring deur elke borg

Akte van Borgstelling

Kontak ons gerus as iets vir jou onduidelik is.