Ek het in 2020 aan die Hoerskool Noordheuwel matrikuleer. Ek swot tans aan die Universiteit van Stellenbosch waar ek my tweede jaar BRek-kursus vreeslik geniet.

Dit is glad nie ‘n geheim dat ek my studentelewe gate uit geniet nie! Hoe meer daar is om te doen, hoe meer word daar gedoen. Ek is ook glad nie spyt oor die rigting wat ek gekies het nie. Ek hou van die gedagte om iets te swot wat so divers is. Enigiets en alles is moontlik! Van jou eie besigheid begin tot om in ‘n korporatiewe omgewing te werk. 

Ek is mal oor die natuur! ‘n Aand op ‘n berg met goeie geselskap is ‘n wenresep. 

Ek voel kompleet soos ‘n kind op ‘n speelgrond as ek in die natuur gaan draf.  

Te danke aan Helpmekaar-Studiefonds kan ek die beste maak van my studies.

Ek is vir ewig dankbaar!

Jean-Mari Engelbrecht oor en uit.