Ek is ‘n 3de jaar student en ek is tans besig om Medical Orthotics and Prosthetics te studeer aan die Tshwane Universiteit of Technology

Dit is n 4 jaar Baccalaureus-graad. Ons word geleer hoe om pasiënte met n verskeidenheid van besering, geboorte defekte, en fisieke gestremdhede te behandel. Deur die loop van my kursus word ons ook geleer hoe om prostese en verskillende stutte te vervaardig. Die “Orthotic” en “Prosthetic devices” word gebruik om mense se lewenskwaliteit te verbeter.

Ek geniet myself gate uit en is nooit spyt dat ek hierdie kursus gekies het nie. Ek beoog om eendag te spesialiseer in kinderprostese.