Dit is ʼn goeie dag vir boom klim, bring net jou eie boom.

Ek is ʼn finale jaar student in BA Regte met Filosofie-aan die NWU se Potchefstroom- kampus. Ek het my laerskoolloopbaan begin met gediagnoseerde epilepsie. Die medisyne wat ek moes drink se newe effek was-leerprobleme. Teen die tyd wat die medikasie gestop is, het ek klaar ʼn agterstand gehad veral ten opsigte van my leesvermoë. Ek het begin verbeter op skool na die medikasie gestop is, maar moes die agterstand inhaal teen ʼn rekordspoed. Die agterstand het my gemotiveer om nog harder te werk en vandag staan ek op die punt om graad te vang. Daarom is my lewensleuse: Dit is ʼn goeie dag vir boom klim, bring net jou eie boom.

 Dit beteken, die geleentheid is altyd daar om jouself te verbeter,maar jy moet self die tyd en moeite na die geleentheid bring. In Latyn is daar ʼn spreuk: Vani, Vidi, Vici – “I came, I saw, I conquered”. Ek het dit aangepas as: Vedi, Vidi, Vincam Omnis – “I came, I saw, I will conquer it all”.