Ek wil graag my insetsel begin om weer eens dankie te sê vir die NHFS se ondersteuning van my studies en my loopbaan.

Ek het aan die begin van die jaar my eerste pos by die sagteware firma Baron, Budge & Dominick (BBD) aanvaar. Dinge verloop sover goed en die toekoms waaroor ek gedroom het  sedert Graad 8 begin al hoe meer realiseer. Ek het nog steeds aangehou met my stokperdjies  en bestuur steeds die aktiewe YouTube kanaal van drie jaar gelede. Onder andere het ek weer my skaak ook begin opskerp en speel n pot of twee met my vriende oorsee wanneer ek ‘n kans kry. Ek is opgewonde oor wat vorentoe wag en die geleenthede wat voorkom raak al hoe meer belowend.