Ek is 20 jaar oud en het my skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Randburg in Johannesburg. My passies en wat ek doen in my vrye tyd speel ‘n belangrike rol in my lewe. Ek is baie lief vir die natuur en het ook ‘n passie van jag en sport. Dit het oor die jare ontwikkel, veral omdat ek tyd saam met my familie in die natuur kon deurbring.

Tans studeer ek BCom Rek aan die Universiteit van Johannesburg en werk ook deeltyds by n vuurwapenhandelaar. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om te kan studeer en om sodoende eendag te doen waarin ek belangstel. Ek wil net dankie se aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat dit vir my moontlik maak om te studeer.