Ek het in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool Waterkloof. Ek het bietjie gewik en geweeg wat om te doen na skool, want alhoewel ek reeds goedkeuring vir ‘n lening ontvang het, het ek toe nie die spesifieke kursus aangepak waarvoor die lening aangegaan is nie.

Ek het in 2020 ingeskryf by die Academic Institute of Excellence. Met NHSF se finansiële ondersteuning het ek, einde 2021, my diplomakursus in Architectural Technology voltooi.  Aangesien ek gevoel het ek het nog tyd om verder te studeer en NHSF se studielening vir ‘n drie-jaar tydperk goedgekeur is, het ek besluit om nog ‘n diplomakursus aan te pak. Na gesprekke met my ouers en NHSF het ek in 2022 ingeskryf vir die National Diploma: Management of Civil Engineering Construction Process. 

Ek kan nie genoeg dankie sê vir die finansiële ondersteuning wat ek van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds ontvang nie. Dit gee my die vryheid om te studeer en akademies te presteer sonder om bekommerd te wees oor finansies.

Noordelike Helpmekaar-Studiefonds is die manier waarop ek en soveel ander studente onsself kan bemagtig om die toekoms met vertroue aan te pak.