ElaniEk het in 2017 die graad B.Com. (Regte) voltooi en is nou besig met LL.B. Regte is vir my ongelooflik interessant en kompleks en ek sien uit om dit in die praktyk toe te pas.

My klerkskap sal ek graag by ‘n medium tot groot firma wil voltooi. Ek voel sterk oor entrepreneurskap en sal eendag my eie koffiewinkel wil bedryf.

Ek is ‘n kranige drawwer, hou van koffie, kuns en blomme.