My naam is Lidia Lemmer en ek is tans ʼn 4de jaar B.Ed Seniorfase en VOO-student by die NWU se Potchefstroomkampus. Ek is in Minjonet-dameskoshuis en  geniet elke oomblik daarvan.

Die eerste dag toe ek in graad 8 ingestap het, het ek besef watter groot impak onderwysers op kinders se toekoms het. Ek sou nie vandag wees waar ek is sonder al die onderwysers tydens my skooljare nie. Ek het dit my missie gemaak om ʼn goeie onderwyser vir die nuwe generasie te wees. Om my missie uit te leef verg lang aande, prioriteite en opofferings. Ongeag al die uitdagings, stap ek hierdie pad met ʼn glimlag op my gesig, want ek weet wat die toekoms vir my inhou.

Nadat ek in 2017 matrikuleer het, het ek die ongelooflike geleentheid gekry om by die NWU te kom ‘swot’ en my passie uit te leef. Ek sê hartlik dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir die ongelooflike ondersteuning en geleenthede wat julle vir my en mede- studente bied. Die pad wat ek nou in Universiteit stap sou nie sonder julle moontlik gewees het nie!