Ek het in 2017 met 7 onderskeidings aan die Hoërskool Zwartkop gematrikuleer. Ek is tans ‘n tweede jaar by Noordwes Universiteit. Ek is in die dameskoshuis Minjonet. Ek studeer B Com Besigheidsbestuur met Toerisme en Bemarking as hoofvakke.

My hart klop al van kleins af groot vir die kunste, spesifek Drama. Ek is in die NWU se Talentfees-, toneel- en kunste komitee. Ek wil graag my honneurs in Toerisme doen.

Ek gaan my eie funksiebestuursmaatskappy begin as ek klaar studeer het. My hoofdoelwit is om eendag my eie vakansie-oord te besit.

Ek wil eerstens dankie aan Pappa God sê wat my so geseën het met al hierdie geleenthede en weet dat alles wat ek bereik deur Sy krag en genade is. En dan wil ek dankie sê aan Helpmekaar-studiefonds wat nie net vir my nie, maar ook my pa (vanaf 1987-1990) gehelp het om ons universiteitsdrome waar te maak. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.