In 2017 het ek gematrikuleer by die Hoërskool Pretoria-Noord met 7 A’s en is gekeur om medies te studeer by Sefakho Makgatho Health Science University in Pretoria. Ek is  tans in my tweede jaar en geniet absoluut elke oomblik daarvan.

Ek het gereeld lang en moeilike aande waar ek stoei om deur al die werk te kom en te verstaan. Maar met die ondersteuning wat ek van vriende, familie en my geliefde ontvang, voel ek dat alles  moontlik is en dat ek tog sal kan deurdruk.

En soms is daar nie nog tyd om my oor finansiële sake ook te bekommer nie.

Daarom wil ek vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds baie dankie sê vir die geleentheid wat hulle my gee het om te kan studeer in ‘n beroep wat ek regtig graag wil volg. +