Ek is ‘n ontwerpdenker wat spesialiseer in industriële ontwerp, en tans in my 3de jaar aan die Universiteit van Johannesburg. Ek beplan om na my B.A (Industriële Ontwerp) volgende jaar ‘n honneursgraad in dieselfde rigting aan te pak. Rekenaargesteunde ontwerp, sowel as die gebruik van CNC-masjinerie in die ontwerp- en vervaardigingsproses is my groot belangstellingsvelde.

Ek is ongelooflik passievol oor praktiese en realistiese ontwerp-oplossings, en my studies het my gehelp om ‘n skerp oog vir detail, ‘n uitgebreide begrip van vervaardigingsvaardighede en ‘n kreatiewe benadering tot probleemoplossing te ontwikkel. Danksy my studies kon ek eerstehandse ondervinding opdoen deur verskeie bedryfsgebaseerde werksondervindingsgeleenthede.

My studies het my ook in staat gestel om aan  verskillende studente-ontwerpkompetisies deel te neem. My noemenswaardigste prestasies is as volg:

  • Wenner:  SASOL/Rotational Moulding 2022 ontwerpkompetisie.
  • Finalis: DTIC 2022 Buy Local-meubelontwerpkompetisie (geborg deur die Departement van Handel en Nywerheid).
  • Finalis in ‘n 2022 KFC-meubelontwerpkompetisie

Om ‘n oorsig te kry van my werk, gaan kyk gerus by https://www.behance.net/SalzwedelLuc

Baie dankie aan die NHSF vir die studielening en die kans wat julle my bied. Sonder julle befondsing en die geloof in my, sou hierdie sukses nie moontlik gewees het nie. Ek is opreg dankbaar vir die geleentheid.