Tans is ek ‘n vierde jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria.

Sedert 2016 is ek ‘n lid van die Golden Key Internasionale Organisasie (onder die 15% toppresteerders by UP se mediese fakulteit).

Onlangs is ek genooi na die fakulteit-pryswennersfunksie gedurende Mei 2019 waartydens ek ‘n merietesertifikaat sal ontvang wat toegeken word omdat ‘n gemiddeld van bo 80% gehandhaaf is vir my derde studiejaar.

Ek is vanaf 2018 lid van TULIP, ‘n studente-organisasie wat behoeftige skoolkinders help om  leiersvaardighede te ontwikkel, akademies voor te berei vir tersiêre onderrig en finansiële bystand bied. Gedurende 2019 is ek ook verkies tot die Uitvoerende Raad van Tulip met portefeulje: Akademiese ontwikkeling – Laudium.

‘n Groot dankie aan Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat drome waar laat word…..’n ware bondgenoot op my pad na sukses!