Ek is tans ‘n tweede jaar BCom Rek-student aan die Noord-Wes Universiteit.  Ek het nog altyd ‘n passie  vir en belangstelling in syfers gehad, dus geniet ek baie wat ek studeer. Dit is vir my ‘n ongelooflike groot voorreg om die geleentheid te  hê om te kan studeer en sodoende aan my toekoms te werk. Ek is deel van ‘n drieling en my boetie en sussie studeer ook tans by die NWU. Ek is baie dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat dit moontlik maak vir ons drie om te kan studeer. Ek geniet die uitdagings wat die studies inhou, omdat dit my druk om harder te werk om my volle potensiaal te bereik. Ek wil net baie dankie se vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds en die ondersteuing wat hulle vir my bied, dit motiveer my daagliks om my beste te gee met alles wat ek aanpak.