Ek het in 2017 aan die Hoërskool Noordheuwel, Krugersdorp matrikuleer. Ek het in 2021 my graad in BSc Mensgenetika aan die Universiteit van Pretoria voltooi en ek is tans besig met my honneurs- graad in Genetika. Dit is ‘n 3 jaar teoretiese graad met  verskeie vakke waaronder genetika, biochemie en mikrobiologie. Die honneursjaar bestaan uit laboratoriumwerk en intense navorsing. 

My droom is om ‘n genetiese berader te word. Die genetiese berader is die skakel tussen die pasiënt en dokter. Die genetikus ontleed die DNA en verskaf die resultate aan die dokter sodat hy/sy die korrekte behandeling kan gee. Dit behels ook dat die genetiese berader die pasiënt emotioneel bystaan en moontlike opsies vir die toekoms bespreek.

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het dit vir my moontlik gemaak om ‘n ware wetenskaplike te word.