As tiener op skool was ek baie onseker oor wat ek eendag wil studeer. In graad elf het Bedryfsielkunde egter my aandag getrek en ek het besluit om daarvoor in te skryf by die Universiteit van Noordwes. In my eerste jaar  het ek ‘n groot passie ontwikkel vir mense. Ek wou graag mense help op ‘n meer persoonlike vlak en het toe besluit dat ek graag my basiese graad in BCom Bedryfsielkunde wil voltooi en dan spesialiseer in kliniese sielkunde sodat ek mense op ‘n meer persoonlike vlak kan help.

Met my studies was daar ook ander uitdagings , maar finansies was darem nie een van die uitdagings nie. My sussie , wat ook tans ‘n student is ,se studies is deur die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds gedek . Ek is iemand wat geneig is om te stres oor kwessies soos finansies, maar die hulp van die Noordelike Hulpfonds het my gerus gestel.

Die Universiteit het definitief my lewe verander op die beste manier moontlik. Dit is soms oorweldigend ,maar ek het lewenslange vriende en herinneringe gemaak, en ek is baie opgewonde oor dit wat voorlê. Ek het ‘n droom om eendag my eie praktyk te begin en ek oorweeg dit sterk om vir my doktorsgraad in Kliniese sielkunde te studeer . Ek sal dit geniet om in diepte navorsing  te doen oor sielkunde , want daar is soveel wat steeds onbekend is van hoe die brein funksioneer en wat lei tot die verskille in gedrag, persoonlikheid en dieper psigologiese probleme in mense.

Ek het ook ‘n groot passie ontwikkel om gedigte te skryf terwyl ek op Universiteit is , wat my help om my ervarings met ander te deel en ook om meer van myself te leer. In my vrye tyd hou ek daarvan om te sing, asook om te teken en te skilder, al kry ek nie juis baie tyd daarvoor nie

 

Ek sou definitief nie gekom het waar ek vandag is as dit nie vir die hulp ,liefde en ondersteuning van my ma was nie . Van kleins af het sy my gemotiveer om my beste te gee en my ondersteun deur tye wnneert ek onseker gevoel het. Sy het my altyd ondersteun om my drome na te jaag en sonder haar sou ek definitief nie wees waar ek nou is nie.