My grootste droom was nog altyd om elke dag ‘n verskil in die lewens van my medemens te maak. 

Arbeidsterapie is nie ‘n beroep nie, dis ‘n lewenswyse. Met die hulp en ondersteuning van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het ek die geleendheid om nou al in my derde studiejaar  aan die Universiteit van die Vrystaat te wees.

Vanjaar is die jaar waarna ek tot dusver nog die meeste na uitgesien het. Ek het vanjaar vir die eerste keer die geleendheid om die teorie van die kursus prakties te begin toepas en ek het van vooraf weer verlief geraak op die beroep. 

Sonder die hulp en ondersteuning van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds sou ek nie my roeping kon uitleef as n beroep nie. Ek glo in die gesegde dat as jy hou van wat jy doen, hoef jy nie n dag in jou lewe te werk nie. Die NHSF maak dit vir my moontlik om te weet dat ek die gesegde sal kan uitleef, en daar is eenvoudig net nie genoeg woorde om my dankbaarheid daarvoor aan julle te betuig nie.