KarliVier jaar gelede, einde 2014, het ek gematrikuleer aan die Hoërskool Bergvlam in Nelspruit. Tans is ek ʼn 4de jaar grondslagfase-student by die NWU en ek geniet my kursus baie.

My doelwit is om ná my graad my honneurs in leerderondersteuning te doen . 

Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid wat die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds my gegee het om my passie en droom te kan uitleef. Dankie, NHSF, vir die verskil wat julle in my lewe gemaak het.

Danksy dit kan ek eendag ook ’n verskil in kinders se lewe maak.