Ek het grootgeword in Centurion en het in 2018 matrikuleer aan die Hoërskool Eldoraigne. Ek het verlede jaar (2021) my 3 jaar Somatologie diploma by Isa Carstens Akademie (n wêreldbekende gesondheids- en velsorgopleidingsakademie) in Pretoria voltooi en is nou ‘n volwaardige en gesertifiseerde Somatoloog. Vanjaar is ek besig met verdere studie om die Gevorderde Diploma in “Dermal Aesthetics” te verwerf. Aangesien my studies vanjaar deeltyds is, het ek besluit om my loopbaan te begin deur ondervinding op te doen en is aangestel as ‘n terapeut en bemarkingskonsultant by BioMedical Emporium.  

My belangstelling in Somatologie het reeds op n baie jong onderdom begin. My doelwit is om my eie “Aesthetics”- praktyk te bestuur wat fokus om mense met probleemvelle te help, die oorsake te identifiseer en oplossings daarvoor te vind. Een van my grootste drome is om ook persoonlik saam met vel- en plastiese chirurge te kan werk. Ek sal eendag graag twee kontrakte op die skepe wil voltooi ten einde die wêreld te sien, ondervinding op te doen en om my studieskuld te kan afbetaal.  

Dankie aan Helpmekaar-Studiefonds vir jul bydrae om my droom te laat realiseer
…. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie!