Denis Waitley het gesê – Jaag jou passie na, eerder as jou pensioen. Om hierdie rede, studeer ek Bcom-regte aan die Universiteit van Pretoria en is tans ‘n finale jaar student. Ek geniet my graadkursus baie. Ek gaan ook volgende jaar LLB studeer. Die afgelope drie jaar se opleiding by die universiteit, asook my praktiese ondervinding by regsfirmas het my weer eens laat besef dat ek ‘n passie het vir die regte.

 

Verder het ek geleer dat passie en ambisie nie die laat nagte, moeilike eksamens en lang werksopdragte makliker maak nie, maar dat dit my motiveer om deur te druk en aan te hou.

Alle eer aan my Hemelse Vader wat my elke dag die krag gee om my studies te geniet en voluit te lewe. Baie dankie aan Die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds vir die finansiële ondersteuning aan my om te kan studeer. Dit word opreg waardeer.