Ek het in 2016 matriek geslaag by CVO Gromar.  Tans is ek ‘n finale jaar Intermediêre Fase onderwysstudent by AROS in Waverley,  Pretoria.  By AROS het ek net op Saterdae kontaksessies en is gevolglik die res van die week betrokke by ‘n skooltjie om ondervinding op te doen.  Ek is die graad 4’s en 5’s se juffrou.

Dit is die tweede keer wat ek die meriete toekenning ontvang en is dit weer eens ‘n groot verrassing wat ek glad nie verwag het nie.  Ek wil net baie dankie sê vir die NHSF wat dit moontlik maak dat ek kan studeer waaroor ek nog altyd droom en wat ‘n mens motiveer met meriete toekennings.  Sonder die NHSF sou ek nie kon studeer nie.  Die NHSF het my ouer sussie ook gehelp en help ook my sussie wat nou eerstejaar is by Potchefstroom. Ek is seker hul sal my jongste sussie ook help wanneer sy universiteit toe moet gaan.  Baie dankie NHSF.  Dit word opreg waardeer.