MaroleneEk het in 2013 aan die Hoërskool Fichardtpark gematrikuleer en is tans ʼn finale jaar LL.B.-student aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die afgelope 4 jaar was uiters uitdagend, maar ek is baie opgewonde omdat my graad amper voltooi is.

Hierdie finale jaar is vir my besonders omdat my tesis handel oor godsdiens in skole. Dit is ʼn saak wat baie na aan my hart lê omdat ek voel godsdiens bied ʼn baie belangrike grondslag in elke kind se lewe. Dit is ook baie belangrik in hul opvoeding, veral ten opsigte van keuses wat hulle ná skool moet maak.

Ek is voornemens om volgende jaar my LL.M. te kry en om ook met kanidaatprokureurskap te begin.

Baie dankie aan Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir my derde merietetoekening. Dit is ongelooflik motiverend en is bewys dat harde werk beloon word. Ek is baie dankbaar vir die bystand en wil ek graag alle studente wat nou begin, aanspoor om ook elke dag hard te werk en nooit moed op te gee nie.

Dankie aan my familie en vriende vir hul ondersteuning in die afgelope vier jaar. Ek het al my sukses te danke aan die wonderlike Here Jesus. Sonder Sy krag sou niks moontlik gewees het nie.

Onthou wat Winston Churchille gesê het: “Success is not final; failure is not fatal: It is the courage to continue that counts.”