Vandat ek kan onthou, wou ek nog altyd mense help. Ek het in graad 11 uitgevind dat daar iets bestaan soos Kliniese Tegnologie.  Ek het gaan “shadow” om te kyk wat die werk presies behels en ek het dadelik geweet dat dit is wat ek wil doen!

 Van die heel begin af was ek baie geïnteresseerd in die Kardiologie-afdeling. Toe ek die kursus aanvanklik begin het, was dit ‘n diplomakursus, maar in my eerstejaar het hulle dit verander na ‘n graadkursus. Ek is tans besig met my finale jaar van studie. Ek doen my prakties by Steve Biko Akademiese Hospitaal in die Kardiologie-department, terwyl ek my studies klaarmaak. Daagliks help ek mense deur verskillende toetse te doen om sodoende te sien wat fout is en saam met die kardioloë te besluit  wat ons gaan doen vir die pasiënte om hul lewens te verbeter. Hulpverlening– presies soos ek nog altyd wou. 

Sonder hierdie Fonds sou dit nooit vir my moontlik gewees het om te kon studeer direk na skool nie. En al was daar struikelblokke, het hulle my al die pad 100% ondersteun.  

Baie dankie, Helpmekaar-Studiefonds. Julle verander mense se lewens!