Baie dankie aan die vriendelike mense by die Noordelike Helpmekaar Studiefonds!

U stel my in staat om te studeer en my sodoende as prokureur te kwalifiseer. Sonder u finansiële ondersteuning sou dit nie vir my moontlik gewees het om te studeer en my droom na te jaag nie.

Ek is tans in my 2de jaar by Tukkies en studeer BCom Regte.

Baie dankie vir my Meriete-toekenning.  Ek waardeer dit opreg.

Dit is vir my ‘n groot voorreg om met die Noordelike Helpmekaar Studiefonds asook met Tukkies geassosieer te word.