Ek is ‘n derdejaar Oudiologie student aan die Universiteit van Pretoria.

2021 is steeds ‘n jaar vol uitdagings met die huidige pandemie wat veroorsaak dat onderrig aanlyn is.  Ons is egter bevoorreg om ons praktiese modules op kampus, by klinieke en privaat-praktykte te doen.  So kry ons die geleentheid om die nodige ervaring op te doen en altyd iets nuuts te leer.  Dit is vir my ‘n voorreg om ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak, en ek geniet elke oomblik daarvan.

Dit was vir my ‘n groot verrassing om vir ‘n tweede keer ‘n meriete toekenning van  Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds te ontvang.  Die welkome geskenk motiveer my sommer nog meer en maak al die laat nagte en lang ure se studies die moeite werd.  Julle is regtig ‘n inspirasie en ek het groot waardering en dankbaarheid vir julle!

Dankie dat julle ‘n verskil in studente se lewens maak!