So baie terugflitse van die afgelope 6 jaar. ’n Pad van ses jaar wat lank en baie onbekend voor my gelê het. ’n Pad van baie deursettingsvermoë, lang ure, uithou en aanhou. 

Die kennis en inligting wat ek die afgelope jare met my studies ingewin het, het my hoogste verwagting oortref. Elke pasiënt op my pad, het my met ander oë na die lewe laat kyk. Om “gesond” te wees, is ‘n groot geskenk wat die lewe bied! 

Ek is dankbaar vir  bekwame leermeesters, asook ander mediese personeel wat my help voorberei en vorm het vir die mediese wêreld. My medestudente wat vriende geword het, glo ek gaan hulle ook puik van hulle taak kwyt. 

Ek is tans ‘n sesde jaar student en met die einde van my studie jare in sig, kan ek nie nalaat om my ongelooflike dank uit te spreek aan “Helpmekaar” wat ‘n studielening aan my verskaf het nie! 

Baie dankie vir ‘n puik organisasie wat beslis ‘n verskil maak in baie studente se lewens. Dit word opreg waardeer!