Ek het in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool Linden en is huidig ‘n 3de jaar BCom-student (geoktrooieerde rekenmeester) aan die NWU, Potchefstroom. Ek is lief vir kuns en speel graag ook die baskitaar. 

In graad een het ek besluit ek wil eendag n besigheid van my eie hê. In graad 2 het my drome uitgebrei en ek was vas oortuig dat my nuwe roeping is om eendag n rekenmeester te word, al was dit bietjie vreemd aangesien my hele familie en ek so erg in die kunste was.

 Ek wil net baie dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studieleningsfonds sê wat dit  vir my moontlik gemaak het om my drome te volg en al die eer aan God gee dat Hy my so ver gebring het. Ek hoop om my CA-kwalifikasie klaar te maak en dan ‘n verskil te maak daar buite, in die werksplek en in Suid-Afrika.