Ek is tans ‘n finale jaar mediese student wat by Sefako Makgatho Health Science University studeer. Die pad tot die einde was ‘n opwindende ,maar ook uitdagende proses om alles te probeer balanseer. Tog geniet ek elke oomblik daarvan, deur al die lang aande. Ek waardeer die geleentheid wat ek gegun is om vir die mediese beroep te kan ‘swot’ en doen my bes om ‘n sukses van elke oomblik te maak. Die jaar laat my besef dat tyd saam met familie en vriende soms belangriker is as om net tyd agter die boeke te wil spandeer en dat so n ondersteuningsgroep jou help om die finale mylpale te haal.

Om goeie akademiese punte te handhaaf was nog altyd ‘n prioriteit, en selfs deur die moeilike jare en al die studie-aanpassings, het ek bo uitgekom. Maar ek moet ook groot erkenning gee aan die NHSF wat al die finansiële stres van my afgehaal het, sodat ek doelgerig kon fokus op my studies. Die geld help om vir my studies te betaal en om handboeke te kan koop, sodat mens altyd op hoogte bly.  Die NHSF is werklik ‘n organisiasie wat net goed bedoel en goeie dinge doen. Dankie vir die volle ses jaar se onderteuning. Julle verander werklik lewens.