Ek het gematrikuleer in 2019 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria .  Ek is tans ‘n 2de jaar Fisioterapie student by die  Universiteit van Pretoria . My passie vir sport het al  vroeg die belangstelling  van  die menslike liggaam in my wakker gemaak .  My droom is om eendag my eie praktyk oop te maak en so ander mense se lewensgehalte te verbeter deur hulle liggaamslas te verlig.

Geloof is die rede hoekom ek so groot kon droom en God is die rede dat die droom stadig maar seker ‘n realiteit word .Noordelike Helpmekaarstudiefonds , julle is ‘n instrument van Bo en nou kan ek met hoop en vertroue my toekoms instap  wat die Here vir my fyn beplan het .